[caption id="attachment_85805" align="alignnone" width="620"]Foto: Werner Beukes/Sapa Foto: Werner Beukes/Sapa[/caption]

“Nie genoeg klem is geplaas op die die afskuwelike wyse waarop die oorledene gesterf het nie, tesame met die grusame beserings wat sy opgedoen het toe die beskuldigde haar doodgeskiet het,” het die aanklaers Gerrie Nel en Andrea Johnson gesê. Die staat het Dinsdag verlof tot appèl teen regt. Thokozile Masipa se skuldigbevinding en vonnis ingedien. Hulle beweer die tronkstraf sou nie deur enige redelike hof opgelê word nie.

'Die vonnis is skokkend onvanpas vir die beskuldigde.'

“Die vonnis is skokkend onvanpas vir die beskuldigde, wat hom gewapen het met die bedoeling om te skiet, badkamer toe gestap het en vier skote afgevuur het met die wete dat daar ’n mens agter die toiletdeur was.

“Ons wil aanvoer dat die vonnis onvanpas en skokkend lig is vir iemand wat ’n onskuldige persoon met nalatigheid vermoor het; sy optrede het gegrens aan dolus eventualis (wetlike opset).”

"We will argue that the sentence is inappropriate and shockingly light for someone that killed an innocent person with gross negligence where his conduct bordered on dolus eventualis [legal intent]."

Oscar is op 21 Oktober vyf jaar tronkstraf opgelê weens die strafbare manslag van sy meisie, die model en regsgeleerde Reeva Steenkamp. Hy het haar deur ’n geslote toiletdeur geskiet.

Vir die skietvoorval by die restaurant Tasha’s in Melrose Arch in Januarie verlede jaar het Oscar drie jaar tronkstraf gekry, wat vyf jaar opgeskort is. Regt. Masipa het beslis die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die staat beweer regt. Masipa het gefouteer met die oorbeklemtoning van Oscar se persoonlike omstandighede, het nie die gevolge van sy dade in ag geneem nie en het die doel van “rehabilitasie en hervorming oorbeklemtoon ten koste van vergelding”.

- Sapa