Die eerste skoot het haar in die regterheup getref.

Oscar Pistorius het die tydskrifrak in die toilet gehoor, die hoek verander waaruit hy geskiet het en nog drie skote geskiet, “want jy het geweet waar die tydskrifrak is”.

Dit het adv. Gerrie Nel tydens die tweede sessie van die oggend aan Oscar gestel.

Hiermee probeer Gerrie die punt tuisbring dat Oscar geweet het dit is Reeva agter die deur en dat hy haar met opset geskiet het.

Gerrie het vrae aan Oscar gestel oor hoekom sy wapen op die toiletdeur gerig was en hoekom hy nie eerder in die stort of badkamervenster se rigting geskiet het nie.

“Was dit net geluk dat die wapen op die toiletdeur gerig was?” het Gerrie gevra.

“Hoe kan dit geluk wees? Sy het haar lewe verloor,” het Oscar amper kwaad en byna weer emosioneel gesê.

Die saak sal ná middagete voortgaan.

- Hilda Fourie

[caption id="attachment_72764" align="alignnone" width="600"]Oscar Pistorius se toiletdeur waar deur Reeva Steenkamp geskiet is. (Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/Sapa) Oscar Pistorius se toiletdeur waar deur Reeva Steenkamp geskiet is. (Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/Sapa)[/caption]