Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het bekendgemaak dat hulle beplan om Oscar Pistorius se vonnis en skuldigbevinding sal appelleer, is daar berig.

Volgens Eyewitness News het die NVG die aankondiging Maandagmiddag gemaak.

Volgens die nuuskanaal berei die NVG se aanklaers die nodige dokumente voor om dit binne die volgende paar dae in te dien.

“Die appèl teen die skuldigbevinding is gegrond op ’n regsvraag,” het die NVG-woordvoerder, Nathi Mncube, in ’n verklaring gesê.

“Die meriete en tekortkominge van die NVG se argument in hierdie verband sal bekend word wanneer ons dokumente vir verlof tot appèl indien.”

Bronne: EWN, Sapa