Pravin Gordhan, minister van finansies, gaan glo Dinsdag aangekla word van bedrog.

News24 en eNCA berig hulle het inligting ontvang dat hy gedagvaar is om in die hof te verskyn. Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), het aangekondig Pravin word van bedrog aangekla. Hy en twee ander moet op 2 November in die hof verskyn.
Die klagte hou verband met die Suid-Afrikanse Inkomstediens (SAID) se koverte ondersoekeenheid, die sogeneaamde “rogue unit”.
Volgens Abrahams het die SAID geen mandaat gehad om so eenheid te vestig nie en dat dit onwettig was. Die eenheid is in 2007 gevestig toe Gordhan kommissaris van inkomste was. Die rand reageer sleg op die nuus en het in die afgelope halfuur van R13,92 teenoor die dollar tot R14,23 geval.