“Daar is ’n begeerte om te appelleer; ons het 14 dae om die wet te oorweeg en te verseker die feite en wet laat ons appelleer,” het die NVG-woordvoerder Nathi Mncube aan verslaggewers in hof GD van die hooggeregshof in Pretoria gesê nadat die verrigtinge op ’n end gekom het.

Terwyl die NVG ontevrede is dat Oscar van strafbare manslag pleks van moord skuldig bevind is, het hy gesê dit is ’n “troos” dat hy tronkstraf opgelê is.

’n Verslaggewer het Nathi gevra of Oscar ’n derde van sy vonnis sal uitdien. Hy het gesê dit is die departement van korrektiewe dienste se besluit.

Een van die junior prokureurs wat deel van Oscar se verdedigingspan was, het met verslaggewers gepraat en het gesê hy sou ’n sesde van sy vonnis uitdien. Dit beteken Oscar sal 10 maande in die tronk deurbring.

Die sakeman Kenny Kunene het buite die hof gesê sy hart bloei vir Reeva Steenkamp se familie.

“Ek is hartseer vir hulle,” het hy gesê.

"I am sad for them," he said.

Hy het ook Oscar se vonnis betreur.

“Kyk, dit is hartseer omdat die toestande in tronke is soos dit is. Ek respekteer regt. (Thokozile) Masipa, maar ek dink tronkstraf is onregverdig teenoor Oscar.”

Fotograwe en medialede het buite die hof versamel om te wag op Oscar wat in ’n polisievoertuig tronk toe geneem sal word.

Twee kameramanne op ’n oranje Harley Davidson-motorfiets was gereed om die polisiekonvooi te agtervolg.

“Ons wag op hom om uit te kom sodat ons hulle kan agtervolg en sien waar hulle hom neen.”

Mense het hul selfone reg gehou om hopelik ’n foto van die atleet te kry.

’n Vrou het aan haar vriend gesê: “Kan ons hom sien? Dit is goed. Hy moet tronk toe gaan.”

Die media het regstreeks uitgesaai terwyl hulle vir Oscar gewag het.