“Ek het nooit gedink ek sal dit as ’n aanklaer sê nie, dat ek ’n deskundige se vooroordeel bevraagteken,” het Hannes Cloete tydens sy kruisondervraging van die kriminoloog dr. Eon Sonnekus gesê.

Hannes het beweer dat Eon se antwoorde bedoel was om die 17-jarige beskuldigde in ’n beter lig te stel, “elkeen van jou antwoorde”, het hy gesê.

Eon het dit ontken; hy het gesê hy het geweet die hof het bevind dat die seun gejok het en dat hy nie alles geglo het wat die seun gesê het nie.

Volgens Hannes behoort Eon se subjektiewe benadering nie in die hof nie.

“Ek ontken dit,” het Eon gesê.

Regter-president Frans Kgomo het getuienis aangehoor in die vonnisopleggingsprosedures van die 17-jarige seun wat aan drie moorde en ’n verkragting skuldig bevind is.

Die seun se prokureur, Riaan Bode, het Eon as die eerste getuie vir die verdediging geroep om vir strafversagting te getuig.

Die seun is op 27 Maart skuldig bevind aan die moord van die boer Deon Steenkamp (44),sy vrou, Christel (43), en hul dogter, Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet.

Die seun is ook skuldig bevind aan die verkragting van Marthella en regsverydeling.

Hannes het Eon se gevolgtrekkings in sy verlsag verder bevraagteken, spesifiek waar hy verwys na die seun wat emosie toon en huil.

“Huil? Dit beteken nie altyd berou nie. Kan dit ook spyt beteken nie?” het Hannes gevra.

Eon het daarmee saamgestem.

Hannes en Eon het vasgesit oor Eon se betrokkenheid by ’n sielkundige vir die polisie se onderhoud met die seun.

“Het jou inmenging met die staat se onderhoud nie plaasgevind nie?” het Hannes gevra.

Eon het gesê: “Nee, ek het nie. Maj. Bronwynn Stollarz het verskeie male gesê die seun kan die onderhoud stop. Hy het, maar sy het steeds aangehou. Dit is wat gebeur het.”

Eon moes vir die verdediging die onderhoud waarneem.

Nadat Hannes sy kruisondervraging afgesluit het, Riaan ’n ander forensiese sielkundige, Larissa Panieri-Peters, geroep.

Die saak duur voort.

- Sapa