“Ons het die slotbetoë vandag by die hooggeregshof ingedien en is gereed vir argumente,” het ’n woordvoerder, Nathi Mcube, gesê.

Slotbetoë in die saak sal op 7 Augustus gehoor word.

Regt. Thokozile Masipa het op 8 Julie beslis dat geen argumentshoofde voor die aanvang van die argumente in die hof in die gedrukte of elektroniese media gepubliseer mag word nie.

Die aanklaer Gerrie Nel het aansoek gedoen om die publikasie te voorkom.

Regt. Masipa het gesê die uitsaai of publikasie van sulke dokumente voor dit in die hof gehoor is, is diefstal.

Oscar staan tereg weens moord nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, of Valentynsdag verlede jaar doodgeskiet het.

Hy beweer hy het haar per ongeluk deur ’n geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria geskiet omdat hy haar vir ’n inbreker aangesien het wat hom wou aanval.

Die staat voer aan hy het haar tydens ’n rusie geskiet.

Oscar het ’n maand lange sielkundige waarneming by die Weskoppies psigiatriese hospitaal ondergaan, waarna die hof gehoor het hy ly nie aan algemene angssteuring nie.