[caption id="attachment_166691" align="alignnone" width="600"]Foto: blackmonday.squarespace.com Foto: blackmonday.squarespace.com[/caption]

Die skuif het ’n massiewe impak op die ekonomie gehad, wat die rand weer in vryval het — en ’n groep "alledaagse burgers" het besluit om teen die president se besluit te betoog.

Die groep het ’n webtuiste gestig om ’n beroep op Suid-Afrikaners te doen om Maandag, 3 April swart te dra.

Hul verklaring lees:

"ONS SIELE IS NIE TE KOOP NIE"

Mede-Suid-Afrikaners, die optrede van die Uitvoerende komitee binne die laaste 48 uur het ’n groot effek op almal van ons gehad. Ons, as mede-burgers in die burgerlike samelewing, nie-regeringorganisasies, besighede, en die jeug van Suid-Afrika, aanvaar nie die optrede nie.

Ons erken dat:

- Die tyd het aangebreek vir ons almal om met ons Grondwet se waardes te verenig.

- Dat daar 'n plig op almal van ons is om hierdie waardes te beskerm deur die regering in hulle grondwetlike mandaat verantwoordelik te hou.

Ons wil graag die mite verdryf dat hierdie irrasionele optrede ’n bydrae tot ons ekonomie sal hê.

As 'n teken van ons ontevredenheid, nooi ons alle Suid-Afrikaners uit om saam te staan en die #BlackMonday-beweging te ondersteun. Eerskomende Maandag (3 April 2017) sal ons almal swart dra in solidariteit en die hutsmerk gebruik om die saak te bevorder.

Ons kan nie meer langer stil sit nie. Kom ons begin die verandering wat ons in ons geliefde land wil sien, en red die nalatenskap wat Nelson Mandela, Ahmed Kathrada en leiers van die vryheidsbeweging voor geveg het."