“Dis ek, Tannie Evita, die bekendste wit vrou in Suid-Afrika en Gogo vir die Reënboognasie wat jou vra, nee, jou vertel om op te staan en en jou stem te laat hoor teen huishoudelike geweld. 1 000 verenigde vroue = 100 000 geïnspireerde vroue, 1 000 000 vroue wat betrokke raak = 10 miljoen mense wat bemagtig word."

"Amandla/Vrystaad”

*Een uit elke vier vroue in Suid-Afrika bevind hulself in 'n verhouding waar mishandeling plaasvind.

*Elke ses dae word 'n vrou in Suid-Afrika deur haar intieme metgesel vermoor

*Elke 25 sekondes word 'n vrou of 'n meisie in Suid-Afrika verkrag.

Ons doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om saam te staan teen huishoudelike geweld.

As deel van die 1 000 Vroue Teen Huishoudelike Geweld-inisiatief hou die WHEAT Trust 'n 1 000 Vroue Teen Huishoudelike Geweld-ete.

Snoer kragte saam met ons Platinum-vennoot, Wendy Ackerman, geniet die kwinkslae vanTannie Evita en Pieter Dirk Uys en ons seremoniedirekteur, Gerry Rantseli-Elsdon, luister na uistekende musiek deur CODA, maak nuwe vriende, geniet 'n smaakvolle ete en neem fantastiese pryse huistoe.

Datum:   11 Mei 2010

Plek:      Kaapstadse Internasionale Konferensie-sentrum (“Ball Room”)

Tyd:       12:00 tot 14:30

Hoe werk dit?

*Toon jou steun vir hierdie belangrike saak en koop 'n besigheidstafel vir 10 vir R10 000.

*Word 'n tafel-kaptein en kry 10 van jou vriende – van boekklubs tot Faceboek-vriende – om by jou tafel aan te sluit.

*Of vra jou vriende om saam met jou 'n tafel vir R 3 500 te koop.

Kontak ons:

Epos: director@wheattrust.co.za

Tel:             021 762 6214

Web: www.wheattrust.co.za

Staan op en word deel van hierdie inisiatief. Maak seker jy woon hierdie geleentheid by. Onthou,  Tannie Evita wil jou daar sien!