Die werklikheidster Kim Kardashian se beste vriend, Jonathan Cheban, het gerugte dat sy van Kanye West wil skei, “histeries snaaks” genoem.

Luidens berigte op Woensdag 7 Desember is Kim en Kanye se huwelik op die rotse ná ’n onstuimige paar maande waarin die ster in Oktober getraumatiseer is ná ’n rooftog in Parys, Frankryk, en Kanye onlangs in die hospitaal opgeneem en vir uitputting behandel is. Maar terwyl hy Woensdagaand ’n geleentheid bygewoon het, het Jonathan die bewerings ontken en volgehou dit is vals.
“Ek het nou net met Kim en Kanye oor FaceTime gepraat en almal praat oor egskeidingsgerugte. Ek het gelag, want ek het dit nie gehoor nie en ek skat almal anders hier het blykbaar. Dis vir my so snaaks, want dis so vals,” het hy by die DailyMail.com Holiday Party aan E! News gesê. “Ek weet nie waar mense aan sulke stories kom nie, maar dis histeries snaaks. Jennifer Aniston was ook al iets soos 1 000 keer swanger, daarom is dit eintlik ’n grap.” Jonathan het ook gesê Kim en Kanye is albei in “ ’n goeie luim” nadat die rapper uit die hospitaal ontslaan is.

Daar is beweer Kim en die egpaar se kinders, North en Saint, bly by haar ma, Kris Jenner, terwyl die musikant herstel, maar Jonathan het nie die bewerings aangeroer terwyl hy oor sy vriende gepraat het nie.

Jonathan se kommentaar kom nadat ’n bron na aan Kim ook bewerings van ’n moontlike egskeiding afgemaak het. Die bron het aan People.com gesê: “Die egskeidingsgoed is totaal en al onwaar. Kim het geen planne om van Kanye te skei nie. Sy het vir my gesê dis vals. Die prentjie wat geskets word, is dat sy hom wil los weens die rooftog en sy hospitaliseringsvoorval.

“Maar ten spyte van al hul beproewings vanjaar, bly hulle baie toegewyd aan hul huwelik en hul gesin.”

© Cover Media