Die sogenaamde ‘Springs-monster’ en sy vrou se regsverteenwoordigers het hulle aan die beskuldigdes se saak onttrek, berig SAPA.

Die vrou (35) en haar man (36) het vandag in die landdroshof in Springs verskyn nadat hulle na bewering hul vyf kinders aangehou en mishandel het.

Die saak is uitgestel omdat die vrou se regsverteenwoordiger hom onttrek het. Die manlike beskuldigde se regsverteenwoordiger het ook bekedgemaak dat hy hom onttrek, en die saak is uitgestel tot 7 November.

Netwerk24.com, Enca.com, sapa.org.za