Die paartjie is daarvan aangekla dat hulle hul vyf kinders mishandel het. Die polisie is in Mei 2014 na die huis ontbied toe een van hul kinders hulp by bure gaan soek het. Die man is op 23 Mei in hegtenis geneem.

Lees ook: Hof hoor van smerige kombuis, pornografie en rotte in Springs se ‘Huis van Gruwels’

Die paartjie pleit onskuldig op aanklagte van:

1. Poging tot moord op hul seun (13)

2. Poging tot regsverydeling

3. Vyf aanklagte van kindermishandeling

4. Vyf aanklagte van kinderverwaarlosing

5. Twee van die verbreking van die skolewet

6. Die wys van pornografiese materiaal aan hul oudste dogter (destyds nog jonger as 18 jaar)

7. Die vervaardiging en verspreiding van metamfetamien.

Die man het onskuldig gepleit op 21 aanklagte, wat die mishandeling en verkragting van sy oudste dogter insluit.

Lees ook: Die man bekend as die ‘Springs-monster’ terug in die hof

Hy pleit skuldig op een aanklag dat hy die polisie verhoed het om hul werk te doen toe hulle in Mei 2014 na een van sy kinders gesoek het.

Sy vrou pleit onskuldig op 20 aanklagte. Sy is op 7 November verwys vir sielkundige evaluasie.

Bron: News24