Hy het glo sy vrou en vyf kinders jare lank in ’n huis in Springs aangehou en aangerand.

Die man het in die beskuldigdebank van die Springs-landdroshof ná land. Roy le Roux se uitspraak trane uit sy oë gevee.

Buite die hof het mense mekaar drukkies gegee en hul hande in die lug gegooi oor dié besluit.

“Wanneer ’n mens na die beserings in die seun se mediese verslag kyk, is jy geskok oor die hoeveelheid daarvan,” het land. le Roux gesê.

“Dit is duidelik die seun het baie seergekry. Dit moes baie na aan ’n marteling gewees het.

“As jy net na die beserings kyk, het die staat ’n baie sterk saak met betrekking tot poging tot moord, want al daardie beserings kan noodlottig wees.”

Ao. Rudi Jansen, die ondersoekbeampte, het gister getuig die man het na bewering op die seun gaan sit en hom met die vuis geslaan, hom twee dae lank aan sy gewrigte opgehang en met pepersproei gespuit wanneer hy gevra om losgemaak te word, in die huis rondgegooi, hom in die swembad gegooi al kon hy nie swem nie, sy kop in die badkamer onder water gehou en hom met onder meer ’n knopkierie aangerand.

Dit was juis dié 11-jarige seun wat voorverlede Maandag uit sy pa se huis ontsnap en met ’n kaal bolyf en merke oor hele sy lyf by bure om hulp gaan aanklop het.

Die seun is aan sy pa teruggegee, maar die bure het die polisie ontbied. Die pa het die seun vir die polisie weggesteek en gemaak of die seun weggehardloop het.

Land. le Roux het in sy uitspraak gesê die pa het in sy verklaring gesê dat hy nie ’n vals verklaring aan die polisie afgelê het nie.

“Dit is vals getuienis, want die man het ’n vals verklaring aan die polisie afgelê deur eers voor te gee hy is iemand wat hy nie is nie, en toe die seun vir die polisie weg te steek en te maak het of hy die seun help soek.

“Dit is meineed en die man kan daarvan aangekla word.

“Watter waarde het die verklaring? Ek dink dit spreek vir homself.”

Land. le Roux het die saak tot 12 Junie uitgestel. Die man gaan om regshulp aansoek doen.

- Sapa