Die 36-jarige ma van vyf is verlede week in hegtenis geneem op aanklagte van kindermishandeling, poging tot moord en regsverydeling, sowat ’n maand nadat haar man inhegtenis geneem is.

Borg is vir R2000 gestel en sy mag nie die jonger kinders besoek nie en moet by ’n Van der Merwe-gesin bly.

Haar prokureur, Isabella van Eck, het in die ma se aansoek gesê sy is onder meer ongeletterd en moes in haglike omstandighede leef.

Die beoogde verhoordatum is 25 Julie.

-       Sapa; Beeld.com