• Die getal stemmende lede van die akademie van rolprentkuns en -wetenskap: 6 028
  • Die aantal lande waarin die 86ste Oscar-prysaand uitgesaai word: meer as 225
  • Die getal rolprente wat in aanmerking kom vir die prys vir die beste roplprent: 289
  • Die getal lande wat rolprente in vreemde tale voorlê: 76
  • Die getal beeldjies wat vir vanjaar se geleentheid gemaak is: 50
  • Die beeldjie se hoogte: 34 cm
  • Die beeldjie se gewig: 4 kg
  • Die getal beeldjies wat sedert die eerste prysaand in 1929 uitgedeel is: 2 900
  • Die getal media-organisasies wat perskaarte aangevra het: 766
  • Die getal media-organisasies wat perskaarte ontvang het: 289
  • Die getal joernaliste op die rooi tapyt: 530
  • Die getal toeskouers op staanplekke op die rooi tapyt: 700
  • Die lengte van die tapyt: 152 m
  • Die breedte van die tapyt: 10 m
  • Die getal sitplekke in die Dolby-teater: 3 300
  • Die persoon wat die prysaand die meeste kere aangebied het: Bob Hope (19 keer)
  • Die langste program: vier uur en 23 minute (2002)
  • Die kortste program: een uur en 14 minute (1959)
  • Die program se eerste TV-uitsending: 19 Maart 1953