In Londen is daar twee plekke waar jy gaan agterkom een van die jaar se grootste gebeurtenisse is besig om in diè stad af te speel.[post-slider]Die een is op Heathrow-lughawe waar jy oral 'n Springbok-ondersteuner in een of ander Springbok-kledingstuk sien. Hulle is almal hier om die bokke te ondersteun tydens hul halfeindstryd môre op Twickenham-stadion teen die Nieu-Seelanders.

Die ander plek is by Trafalgar Square in die hart van Londen. Diè plein, aan die voet van die Nasionale Gallery en etlike honderd meter van die Buckingham-palei, is omskep in 'n toeskouerpark. En hier gaan alles net om rugby. Daar is 'n grootskerm-televisie wat ou wedstryde wys, 'n nagemaakte rugbyveld waar kinders, onder toesig kan rugby speel en 'n tent waar jy rugbytruie kan koop. Nou nie 'n Springboktrui nie, maar 'n rugbytrui.

Wanneer jy 'n block of twee van Trafalgar Square wegstap, is die blou, pienk en green 'England 2015'-vlae die laaste teken van die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat hier aangebied word.

Mense kan nie vinnig genoeg verby jou stap na hul volgende bestemming nie.

Maar een vrou kon nie net verby kyk nie. My rooi Coca-Cola hemp met die Wêreldbeker embleem het haar aandag getrek.

So der om saam te wees kyk sy oor my skouer terwyl Ek in die selfoonwinkel staan.

Sy sien die rugsak op my skoot met sy Wêreldbeker embleem en 'Proudly South African skoen-sleutelhouer.

"Ek en jy moet eintlik nie praat voor volgende week nie. Ek is 'n Kiwi en more gaan groot wees. Ek weet nie of my hart dit gaan hou nie," sê Sy met haar swaar Nieu-Seelandaksent.

Hoewel Engeland uit die Wêreldbeker is, is die Suid-Afrikaners in Londen daar om seker te maak niemand vergeet van die rugby nie.

Jy ken hulle uit. Buiten vir die groen en goud wat hulle dra, is die glimlagte op hul gesigte groot.

- Hilda Fourie