Altesaam 29 van die 36 spelers wat vir die jaareindtoer gekies is, was deel van die groep vir die rugbykampioenskapstoernooi. Die nuweling-spelers Robbie Coetzee, Julian Redelinghuys, Nizaam Carr, Jaco Kriel en Seabelo Senatla sluit hulle by die groep aan.

Coenie Oosthuizen en Johan Goosen is vir twee van die vier toetse opgeroep.

“Dit is wonderlik om sulke bestendigheid in keuring te hê, terwyl die vyf nuweling-spelers beloon is vir hul goeie spel gedurende die seisoen,” het die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, gesê.

Die toer begin op 8 November, wanneer die Bokke teen Ierland te staan sal kom. Hulle speel dan teen Engeland op Twickenham, teen Italië in Padova en sluit af wanneer hulle op 29 November in Cardiff teen Wallis sal speel.

Springbok-groep: Voorspelers (20): Bakkies Botha, Schalk Burger, Nizaam Carr, Marcell Coetzee, Robbie Coetzee, Eben Etzebeth, Lodewyk de Jager, Jaco Kriel, Victor Matfield, Teboho Mohoje, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Julian Redelinghuys, Gurthrö Steenkamp, Adriaan Strauss, Duane Vermeulen, Warren Whiteley.

Agterspelers (16): Damian de Allende, Johan Goosen, Bryan Habana, Cornal Hendricks, Francois Hougaard, Patrick Lambie, Lwazi Mvovo, Ruan Pienaar, JP Pietersen, Handré Pollard, Cobus Reinach, Willie le Roux, Seabelo Senatla, Jan Serfontein, Morné Steyn, Jean de Villiers (kaptein).