Rohan se broer, Runan Venter, het Vrydag op Instagram die nuus oor sy en sy broer se skrikwekkende kennisname met drie gewapende rowers gedeel.

Hierdie foto is vinoggend 4h geneem toe ons 3 vir die eerste keer veilig weer saam was .. Ons het gele en fliek kyk gister aand toe ons hondtjie begin blaf en grom , ek loop toe buite toe om te kyk wat gaan aan en toe ek links van my opi grasperk kyk kom 3 Swart mans met gewere op my af gehardloop en wil my skiet .. Hulle bind my en haar toe vas opi grond en sit die geweer teen ons koppe en se as ons n geluid maak skiet hulle my broer .. My broer moes toe die 3 swart mans gaan aflaai met ons kar en al die goed wat hulle gesteel het in n township terwyl ek en sy opi grond vasgebind was en kani beweeg nie . Ure later het hy veilig by ons 2 aangekom weer en ons Prys God dat hy letterlik AL AL sy engele om ons gehaad het in hierdie tyd .. Wees dankbaar vir wat jy injou lewe het dis sekondes dan verander jou lewe viraltyd ? . #OnsIsVeilig#PrysGodviraltyd#SoDankbaar

A post shared by Runan Venter (@runanventer) on

“Hierdie foto is vanoggend (Donderdag) 04:00 geneem toe ons drie vir die eerste keer weer veilig saam was,” skryf Runan by die foto van sy Instagram-plasing.

Die drie van hulle, Rohan, Runan en die onbekende gas in die foto, het glo gelê en fliek kyk toe hul hondjie alarm gemaak het.

Volgens Runan het hy gaan kyk wat buite aangaan en op drie mans met geweers afgekom. “Hulle het op my afgehardloop en wil (sic) my skiet,” skryf Runan.

“Hulle bind my en haar toe vas op die grond en sit die geweer teen ons koppe en sê as ons ’n geluid maak, skiet hulle my broer.

“My broer moes toe die drie mans gaan aflaai met ons kar en al die goed wat hulle gesteel het in die township – terwyl ek en sy (die gas) op die grond vasgebind is en nie kan beweeg nie,” brei Runan uit.

“Ure later het hy veilig by ons twee aangekom en ons prys God dat hy letterlik AL sy engele om ons gehad het in hierdie tyd . . .

“Wees dankbaar vir wat jy in jou lewe het, dis sekondes dan verander jou lewe vir altyd.”