Die twee Springbok-boeties, Bismarck en Jannie du Plessis, se pa het Maandag sy stryd teen Parkinsons verloor.

Francois du Plessis het vir meer as 15 jaar met dié siekte gewroeg. Nie een van die twee bekende broers kon onmiddellik bereik word vir kommentaar nie. “Vir my en Bismarck was dit ons familie. Ons pa, Francois (69), is in 1998 met Parkinson se siekte gediagnoseer en jy besef jou tyd saam met hom, en die res van die familie, is nie genoeg nie,” het Jannie in 2014 gesê toe hy en sy broer ’n aanbod van ’n Franse klub van die hand gewys het.

Francois was ’n skaapboer wat op Bethlehem in die Vrystaat geboer het.

Hy laat sy drie seuns, Bismarck, Jannie en Tabbie sowel as sy vrou, Jo-Helene, en dogter, Inez, agter.

[caption id="attachment_158880" align="aligncenter" width="600"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

Ekstra bronne: Netwerk24 en Sarie.com