Saam met Suid-Afrika se Olimpiese held, Wayde van Niekerk, is ons voormalige Mej. Wêreld met die Kovsie Ambassadeur-toekenning vereer. Die twee is inderdaad ongelooflike ambassadeurs vir ons land, sowel as hul alma mater! Lees ook: Swanger Rolene Strauss nog kliphard aan die werk Rolene het absoluut bekoor in 'n uitrusting deur Casper Bosman-Crous en Werner Wessels.

Die beeldskone boorling van Mpumalanga, wat tans aan die Universiteit van die Vrystaat medies studeer, het voorheen aan Huisgenoot vertel hoe perfek die tydsberekening met die baba se koms vir haar en haar man, die sakeman D’Niel Strauss, is.
Sy is deur Casper as absoluut stralend beskryf.