Dis nog ’n lang pad voor die wêreld se suksesvolste paaltjiewagter van alle tye sal weet of hy ooit weer sal kan krieket speel, meen Mark Boucher (35) se oftalmoloog.

Sy uittrede uit internasionale krieket is met maande vervroeg nadat die draaibalbouler Imran Tahir ’n speler uitgeboul en die dwarsbalkie Mark in die linkeroog getref het.

Sy sklera (die leeragtige wit, beskermende deel) het oopgebars, waarskynlik weens die drukking wat die trefslag veroorsaak het.

Die skeur is dieselfde dag nog in ’n drie uur lange operasie herstel.

Alet van Zyl skryf oor Mark se pad vorentoe en ook ander vreemde sportoomblikke in Huisgenoot 26 Julie 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.