In ’n video wat in een dag ’n verbysterende 1,5 miljoen keer gekyk is, druk die motoris hom voor ’n minibus in voor hy op die voertuig se deure hamer.

Maar terwyl hy sy woede op die bestuurder uithaal, vang ’n wollerige viertal strokiesprentkarakters hom onkant.

Die grootkop-brekers dwing die man grond toe voor hulle hom herhaaldelik skop en trap.

Beeldmateriaal van die skreeusnaakse bakleiery in Tsjeljabinsk, Rusland, is deur ’n giggelende motorbestuurder afgeneem en Dinsdag aanlyn geplaas.

Bronne: The Mirror, YouTube, The Moscow Times