[caption id="attachment_131272" align="alignnone" width="600"]Die man het glo in rylaan afgejaag. Foto: Crisis Medical Die man het glo in Mackeurtan-laan afgejaag. Foto: Crisis Medical[/caption]

Neill Powell, woordvoerder van Crisis Medical, sê daar is oornag op die die 52-jarige man geopereer. “Hy is steeds in ’n kritieke toestand,” sê Neill.

Die man het na bewering met sy weelderige Italiaanse sportmotor by die Virginia-verkeersirkel ’n ongeluk gemaak. Mediese personeel het hom vasgekeer in sy motor se wrak gevind.

“Paramedici het saam gewerk om die bestuurder uit die Ferrari te bevry. Met die bystand van gevorderde lewenseondersteunende-paramedici is die bestuurder suksesvol op die toneel gestabiliseer, maar hy is steeds in ’n kritieke toestand.

"Nadat hy ten volle onbeweeglik gemaak is en aan ’n ventilator gekoppel is, het Crisis Medical-paramedici hom hospitaal toe vervoer,” het Neill gesê.

[caption id="attachment_131273" align="alignnone" width="600"]Die man is uit die wrak van sy motor gehaal. Foto: Crisis Medical Die man is uit die wrak van sy motor gehaal. Foto: Crisis Medical[/caption]

Volgens getuies op die toneel het die voertuig in Mackeurtan-laan af gejaag.

“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor net voor dit die sirkel binnegegaan het en dit teen die versperring gebots het. Die voertuig het gerol voor dit in die sirkel op sy dak tot stilstand gekom het met die bestuurder binne-in vasgekeer.”

Bron: News24