paulwalker9

Hy meen “net spoed” het daartoe gelei dat hul motor teen ’n lamppaal vasgery het.

Die ster van Fast and the Furious en Roger was betrokke in ’n noodlottige ongeluk nadat die 2005 Porsche Carrera GT waarin hulle op 30 November in Santa Clarita op pad was, ’n lamppaal getref het. Ondersoekbeamptes meen dis “net spoed” wat Roger beheer oor die motor laat verloor het.

’n Polisiebeampte, wat naamloos wil bly, sê hulle kon geen bewyse kry die motor meganiese het probleme ervaar of dat wrakstukke of ander padtoestande veroorsaak het dat hul beheer oor die motor verloor nie. “Ons ondersoek net spoed as ’n oorsaak.”

Roger, wat bestuur het, het glo beheer oor die motor verloor toe hy om ’n draai in ’n nywerheidspark wou ry. Beamptes het reeds uitgewerk hoe vinnig hulle gery het, maar dit sal eers bekendgemaak word nadat Porsche-ingenieurs uit Duitsland die remme, enjin en motorwrak ondersoek het om vas te stel hoe vinnig hulle tydens die impak gery het.

Volgens die 40-jarige akteur se doodsertifikaat het hy gesterf aan die “gekombineerde gevolge van trauma en termiese beserings”. Hy is verlede Donderdag veras en Saterdag by die Forest Law-gedenkpark in Los Angeles ter ruste gelê.