Vrydag 27 Augustus 2010

12:00    So n bek moet jêm kry - (Stephanie Badenhorst en Francois Toerien) 60 min

'n Toneelstuk vir die skool se kinders om hulle ook aan teater bloot te stel. 5 stories, 50 minute, 50 idiome. Wat lê lekkerder op die tong as ‘n Afrikaanse idioom? Van agter die berg tot by oom Daantjie in die kalwerhok – van suurbrood tot droë brood – van bakboord na stuurboord... In dié produksie word die stories agter die idiome vertel - die ware verhale - maar soms bak ons ook heerlik kluitjies! So, of jy jou lip byt en of jou hart op jou lippe lê, of jy niks oor jou lippe gehad het nie en of jy hulle aflek, of iemand aan jou lippe hang en of jou lip vanself hang...’n idioom ‘n dag laat almal glimlag! En na dese sal elke mensie ten minste 5 nuwe idiome ken – dis nou maar wors.

19:00    Normality - (Pedro Kruger) 65 min

Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people`s opinions and perceptions are changed in the process.

21:00    Rumpsteak - (Gaëtan Schmidt) 60 min

ONE ACTOR. ONE SQUARE METER. NO SET. NO PROPS. THIRTEEN CHARACTERS. EIGHT HUNDRED SOUND EFFECTS. The sizzling hot latest show created by Gaetan Schmidt of The    Dog`s Bollocks, is an exhilarating `behind-the-scenes` look at the rush hour in a French restaurant. A rare treat. Mouth watering and cooking! Bon appetit!

Saterdag 28 Augustus 2010

10:00    Die Naaimasjien - (Sandra Prinsloo) 75 min

Die Naaimasjien het die Nagtegaalteksprys 2008 gewen en lei ons met deernis, humor en wysheid deur die lewe van die 81-jarige Magdaleen op die dag waarop haar geliefde naaimasjien verkoop word. Weer eens word ons daaraan herinner dat elke mens se lewe, al is dit hoe eenvoudig of gewoon, `n epiese gedig is met universele temas van geluk, verlies en versoening..

12:30    Marc Lottering - (Marc Lottering) 60 min

MARC LOTTERING hails from Cape Town, and is considered by many to be one of the hottest comics on offer from South Africa. The son of a Cape flats Pentecostal Pastor, Marc`s colourful upbringing is often reflected in his unique brand of comedy which has established him as a firm favourite with so many audiences.

15:00    Seks In Die Suburbs - (Susanne Beyers en Eben Genis) 60 min

‘n Man en `n Vrou, `n ouer vrou en `n jonger man. Hy is pas afgestudeer en sy lek al aan vyftig. Sy`t hom opgetel (na `n paar glase wyn) by `n funksie waar hy `n kelner was en sy is vasbeslote om, na meer as `n dekade se droogte, weer haar sekssualiteit te laat geld. Altwee is alleen. Altwee is op soek na iets soos die ander... Die passie word egter gekortwiek deur `n inbreker, en na vele ontblotings en skokke kom hulle tot die gevolgtrekking dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie.

18:00    Dinsdae by Morrie - (Chris van Niekerk en Pedro Kruger) 95 min

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is `n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by `n kruispad in hul lewens: Morrie word met `n terminale siekte gediagnoseer en `n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.

20:30    Housecoat Blues - (Yolande Rabe en Marika Reinke) 60 min

'Oorkant' meen mos hulle kry swaar, maar sy kla nie, sê sy, wat help dit tog. Die twee susters is sat vir die lewe en hul lende is al letterlik lam is van sukkel. Neem die rit op die stowwerige pad van Polonie Town want oor elke draadheining is daar iets interessants te bespeur.

Sondag 29 Augustus 2010

12:00    Oupa En Ouma Sit Op Die Stoep En Raak Romanties - (Johan en Lida Botha) 60min

Ouma en Oupa is reeds 40 jaar lank getroud en soms wonder selfs hulle hoekom. Hulle stry oor nietighede wat so kenmerkend van getroudes is. Hulle`s die twee mense waarvan ons seker is sal hemel toe gaan. Hulle is ook jou Ouma en Oupa en jy ken hulle al klaar!

14:30    Makaberet - (Niel Rademan en Winand Grundling) 60min

Hierdie vertoning is `n elegante samestelling van tussen klassieke, populêre en outentieke kabaret musiek. Niel Rademan word gesien as `n ware verhoogdier. Hy is `n gerespekteerde teatermaker, regisseur, kabaret kunstenaar en minnesanger van formaat.