Noudat jou nuuskierigheid lekker geprikkel is, breek ons die goeie nuus. Media24 stel ’n splinternuwe kanaal propvol Afrikaanse kykgenot bekend!

VIA, oftewel Vars In Afrikaans, gaan afskop met 22 kraakvars leefstylprogramme wat fokus op kos, diëte, verhoudings, troues en styl.

Elke weeksdag tussen 16:00 en 19:00 sal vyf tot ses leefstyl- en werklikheidsprogramme uitgesaai word. Aanvanklik sal dié inhoud vir die res van die dag en ook oor naweke herhaal word.

Maar waarna kan kykers uitsien? VIA se inhoudshoof, Pat van Heerden, verduidelik die kanaal se inhoudstrategie is om “gehore te laat lekker kry en te vermaak met programme waarmee hulle kan identifiseer.

"Ons bied kykers ’n blik op ander se leefstyl; merkwaardige karakters en ons vier die onverwagse in die alledaagse.”

VIA is Media24 se eerste treë in die uitsaaiwese. Charlene Beukes, hoof van Media24 Leefstyl, vertel trots: “Ek is oortuig die kanaal gaan tot ’n huishoudelike naam groei.” VIA gaan beskikbaar wees aan DSTv-intekenare met die Premium-, Extra-, Compact- en Family-pakette op kanaal 147.

Koop beslis ook dié week se Huisgenoot (5 November 2015) vir meer inligting oor al die verskillende programme wat op VIA te siene gaan wees.

Intussen besoek gerus viatv.co.za vir nog inligting.