O, gonna! Die sangeres Katie Melua het onlangs ’n agtpotige gedierte in haar oor ontdek!

[caption id="attachment_87420" align="aligncenter" width="600"]Foto:instagram.com/katiemeluaofficial Foto:instagram.com/katiemeluaofficial[/caption] Die 30-jarige, wat bekend is vir haar liedjie Spider’s Web, glo vas dié ongenooide gas het hom daar tuisgemaak nadat sy stokou oorfone by ’n vertoning aangehad het. “So het ek ’n week lank ’n gekrap in my oor gehad en is toe vanoggend dokter toe. Hulle het toe dié klein knaap ontdek!” het sy op haar Instagram geskryf. Aragnofobe moet maar liefs wegkyk. . .

 - Janine Nel

Bron: mirror.co.uk