Jason Rohde, die grootbaas van die reuse-eiendomsagentskap Sotheby's, verskyn Woensdag in die landdroshof in Stellenbosch in verband met die beweerde moord op sy vrou, Susan. Kyk hoe reageer mense met sy aankoms by die hof:

Jason is Dinsdag by sy huis in Bryanston, Johannesburg, voor sy drie dogters deur agt gewapende polisiemanne in hegtenis geneem. Hier arriveer Jason vir sy hofverskyning:

Susan se lyk is sowat ’n maand gelede in ’n hotelkamer by die spoglandgoed Spier buite Stellenbosch gevind. Ná daar aanvanklik vermoed is sy het selfdood gepleeg, het die polisie later bevind sy is wel vermoor.

Volg die verrigtinge regstreeks op Twitter: