Die Britse skrywer se boek, wat in 1989 ook in ’n fliek omskep is, gaan die Oscar-bekroonde regisseur Steven Spielberg se laaste regie-projek wees. Verfilming gaan volgende jaar begin, en die fliek gaan in 2016 begin draai.

Die bekroonde boek, wat in 1982 gepubliseer is, vertel die verhaal van ’n groot, sagmoedige reus wat met ’n jong weeskind bevriend raak.

Volgens die Hollywood Reporter is dit in aanvanklik in 1989 as ’n animasiefliek vir Britse televisie aangepas, maar ons is seker Steven gaan dit tot ’n ander vlak voer.

Dié nuwe weergawe gaan Steven ook herenig met E.T. se draaiboekskrywer, Melissa Mathison. Ons kan nie wag nie!

- Janine Nel

Bronne: insidemovies.ew.com, theguardian.com, hollywoodreporter.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.