Kyk ’n bietjie watter Disney-prinsesse rol in die geld 11. Pocahontas

pocahontas

Beroep: Dogter van die hoof van Powhatan, lid van die Powhatan-stam Uitgawes: So naby aan die rivier se oewer is alles gratis! Dis ook maar goed so, want Pocahontas het heel waarskynlik nie ’n sent op haar naam nie. haar enigste erfporsie is haar ma se gees. Totale waarde: R0 10. Mulan mulan

Beroep: Soldaat in die Chinese weermag Uitgawes: Haar jaarlikse salaris is ongeveer R103 215 en die weermag betaal vir als wat sy nodig het. Mulan het ook Shan Yu se swaard geskenk gekry, wat seker sowat R28 875 werd is. Totale waarde: R132 090 9. Aspoestertjie

cinderella

Beroep: Huishulp, Prinses Uitgawes: Die gemiddelde jaarlikse salaris vir ’n huishulp is omtrent R262 500. As jy haar balrok en glasskoene inreken, wat sy gratis by die towertante gekry het, voeg dit nagenoeg R175 875 by haar bankbalans. Totale waarde: R438 375 8. Sneeuwitjie

Snow White

Beroep: Huishulp, prinses Uitgawes: Die koningin het Sneeuwitjie gedwing om ’n huishulp te word, maar as sy in die regte lewe ’n inslaap-huishulp vir sewe dwergies was, kon sy ongeveer R 631 942 vra. Totale waarde: R631 942 7. Tiana

Tiana

Beroep: Restauranteienaar Uitgawes: Anders as die ander prinsesse, het Tiana geen erfporsie wat op haar wag nie. Haar enigste inkomste van sowat R825 037 per jaar verdien sy uit haar restaurant, Nola. Totale waarde: R825 037 6. Ariel

Little Mermaid

Beroep: Meermin Uitgawes: Ons kleinste meermin het ’n versameling snuisterye en ander klein fieterjasies. Dit sluit silwer-kersstanders, boeke en ander oudhede in wat ’n goeie prys op ’n veiling behoort te behaal. Totale waarde: R888 121 5. Belle

Belle

Beroep: Werkloos Uitgawes: Belle se waarde word bepaal deur die hoeveelheid juweliersware wat sy besit, nagenoeg R13 130 250. Haar grootste uitgawe is boeke. As 12 ure per dag lees, sal sy waarskynlik 150 boeke per jaar kan klaarmaak. As elke boek sowat R145 kos, bestee sy R21 837 per jaar daaraan. Totale waarde: R13 108 413 4. Aurora

Aurora

Beroep: Prinses Uitgawes: In die sprokie slaap Doringrosie 100 jaar. Gestel sy verdien drie-persent-rente met haar onaangeraakte erfenis van R1 755 390, sal sy wakker word met ’n erfporsie van R33 736 195. Totale waarde: R33 736 195 3. Merida

Merida

Beroep: Prinses, boogskutter Uitgawes: As Merida vandag ’n loopbaan gehad het, vermoed ons sy sou ’n gouemedalje-wenner by die Olimpiese Spele gewees het en sou sy sowat R155 526 verdien het. En dan sy sou natuurlik borgskappe van nagenoeg R52,5 miljoen losgeslaan het. Totale waarde: R52 655 526 2. Raponsie

Rapunzel

Beroep: Prinses Uitgawes: Raponsie se asemrowende lang hare sou haar kon verseker het van ’n kontrak by L’Oréal van R210 miljoen. Totale waarde: R 210 miljoen 1. Jasmine

Jasmine

Beroep: Dogter van die sultan van Agrabah

Uitgawes: Jasmine het ’n spaarrekening met baie, baie nulle.

Totale waarde: R262,5 triljoen

Bron: eonline.com