Te danke aan ’n nuwe opname kan Suid-Afrikaanse ouers insig kry oor wat hul kinders dink, voel en begeer.

Parent24 het ’n opname gedoen van meer as 2 700 ouers en kinders, en die uitslae sal jou dalk verbaas!

Kos:

Wat eetgewoontes betref is dit duidelik wat die bron van ons land se vetsug-epidemie is. Amper twee derdes van kinders eet tot drie keer per week kitskos! Gelukkig vergoed hulle daarvoor; sowat driekwart van kinders eet tot sewe keer per week groente. Broccoli is die mees gehate van al die groente – en vrugtesap is ’n gunsteling wat drankies betref.

Vermaak:

As jy bekommerd is dat jou kind te veel tyd voor die kassie deurbring, is jy nie alleen nie. Net minder as twee derdes van kinders kyk meer as drie uur TV per week, en net minder as ’n derde bestee tot 12 uur per week aan speletjies op toestelle soos tablette en selfone.

Wanneer ek groot is. . .

Ons het beslis ’n taamlik ambisieuse generasie: Net minder as die helfte wil dokter word en sowat ’n derde wil in die mediese beroep werk.

Hoeveel keer moet ek praat?

So omstrede soos dit is, verkies sowat ’n derde van ouers steeds ’n hou op die boud wanneer kinders hulle swak gedra. Meer as ’n derde glo om met die kind te redeneer is die beste manier om hulle te dissiplineer, terwyl ’n klein getal glad nie dissipline toepas nie.

In en om die huis:

As jou kind kla dat hul maats nie in die huis hoef te werk nie, moet jy nie daarvoor val nie; ’n driekwart van hulle verrig takies in die huis.

Spider-Man vir president!

Pasop, Zuma. Ons kinders verkies Spider-Man of Tinker Bell moet aan die stuur van sake wees. Net meer as ’n derde van die kinders verkies dat die superheld die land bestuur. Tinker Bell beklee die tweede plek op die lys met net minder as ’n derde van die stemme. Die Beliebers het ook stem dik gemaak; minder as ’n tiende glo die Biebs sou ’n goeie president maak. Ongelukkig het pres. Zuma en Lady Gaga geen stemme gekry nie.

Bron: Parent24