Die Portugese speurder Goncalo Amaral se aansoek om appèl teen ’n lasterklag deur Kate en Gerry McCann het Dinsdag geslaag.

Hy is in April verlede jaar aangesê om skadevergoeding van sowat R8,5 miljoen aan die McCanns te betaal oor beweringe wat hy gemaak het in sy boek, The Truth of the Lie.

Goncalo was hoof van die span wat Madeleine se verdwyning in 2007 ondersoek het. In die boek het hy onder meer beweer haar ouers was by die voorval betrokke.

Lees ook: Die soektog na Madeleine McCann: hoop vlam opnuut op

Luidens destydse berigte in die Jornal do Algarve het hy verklaar die egpaar het geweet Maddie is dood en dat hulle vermoedelik haar liggaam weggesteek het. Hy het ook beweer Maddie is per ongeluk aan ’n oordosis kalmeerpille dood. Buiten die boek het Goncalo in 2009 ook ’n dokumentêre reeks daaroor vervaardig. Hier is ’n uittreksel van een van die episodes:

Goncalo het die appèluitspraak van 16 bladsye op Dinsdag op sy blog gedeel. Intussen het die McCann-egpaar vroeër vandeesweek die speurders van die Metropolitaanse Polisie (voorheen New Scotland Yard) bedank omdat hulle steeds na Maddie soek.

Die reaksie op die uitspraak

Bronne: jornaldoalgarve.pt, dailymail.co.uk, thesun.co.uk, metro.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Oscar Pistorius se wolhaarhondjie: Vertroetel hom wanneer tronkdeur toeklap, vra kenner

Kyk hoe blom die liefde tussen dié beminde Afrikaanse sangerpaartjie

Kyk: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise