Hier’s die situasie: Jy wil nog TV-speletjies speel maar jou meisie is ‘n regte kla-kous wat jou en jou vriend aanvat omdat julle heelteyd voor die TV vasgeplak sit om speletjies te speel.

Wat gaan jy aan die saak doen sodat jy jou telling nog hoër kan opstoot sonder om na die meisie se gesanik te luister?

‘n Man in Duitsland het die saak ‘n bietjie te ver gevat in 2014. Hy het kalmeermiddels in sy meisie se tee gegooi toe sy haar opinie oor die speletjies lug.

’n Hof in die Duitse stad Castrop-Rauxel het nou gelas die man moet ’n boete van €500 (sowat R6900) betaal.

Hy hou vol hy het nie ’n gevaarlike dosis in haar tee gegooi nie, “net vier of vyf druppels”.

Sy meisie het glo die res van die dag geslaap en was die hele volgende dag steeds moeg. Die man het kort daarna met die sak patats vorendag gekom en erken wat hy aangevang het.

Die twee het intussen hul verhouding verbreek. Dis onseker of hy ‘n nuwe meisie of nuwe TV-speletjie het.

Bronne: Time.com; derwesten.de