kos

Dis wat jy gaan nodig kry:

1 rol (400 g) deeg

4 eiers

80-125 ml (?-½ k) volroommelk

sout en peper

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

250 g repiespek

parmesaankaas-sprinkel

Voorverhit die oond tot 190 ºC. Voer ’n pasteibak van 20 cm met die deeg uit en verkoel. Klits die eiers en melk goed saam en geur goed. Sprinkel die kaas oor die deeg. Giet die eiermengsel in die bak en pak die spekrepies bo-op. Sprinkel die parmesaan-geursel op. Bak 45min. of tot gaar. Sit voor saam met ’n slaai.

Vir hierdie en ander resepte, besoek Checkers.