Die Britse speelgoedvervaardiger Makies het ’n nuwe reeks poppe met gestremdhede bekendgestel.

Dit volg ná ’n sosiale media veldtog onder die hutsteken #ToyLikeMe wat vra vir “groter diversiteit in die speelgoedboks”.

Die speelgoedvervaardiger het poppe met gehoorgestremdhede en kieries en ander met geboortemerke en littekens vervaardig.

Die maatskappy het ook bevestig hulle werk aan ’n pop in ’n rolstoel. Die poppe word ontwerp spesiaal vir hul eienaar en die maatskappy beplan ook binnekort om ouers in staat te stel om poppe met dieselfde geboortemerk as hul kind te skep.

Die maatskappy gebruik 3D-drukwerk op die poppe te ontwerp, asook hulpmiddels en bykomstighede wat bygevoeg kan word.

Bronne: metro.co.uk, inquisitr.com