Die Paasvakansie is om die draai. As jy een van die gelukkiges is wat in dié tyd ’n bietjie kan wegbreek, weet jy dat dit ’n prioriteit is om kinders op die langpad besig te hou. In vandeesweek se Huisgenoot (27 Maart) gee ons ’n paar slim idees om kinders van alle ouderdomme op lang ritte gelukkig te hou. Checkers het ook ’n wye reeks speelgoed perfek vir die langpad. Hier is ons gunstelinge:

Opvoedkundige skootrekenaars

39825008663

avengers

Hierdie skootrekenaars kom met ’n muis en is in verskillende temas beskikbaar, soos Hello Kitty, Ben10, The Avengers, Teenage Mutant Ninja Turtles en Barbie. Kinders van vyf en ouer kan dit gebruik om speletjies en musiek te speel. R199,99.

Fisher-Price-speelgoedtelefoon

fisher price toy phone

Dié telefoon is geskik vir kinders tussen 12 en 36 maande. R99,99.

LeapPad2

leap pad

Die LeapPad2 is geskik vir kinders tussen drie en nege en het herlaaibare batterye. Dit sluit in nege apps, 4 GB geheue en talle opwindende eienskappe. Dit is ’n kindervriendelike tablet het ’n kamera voor en agter wat beelde en video’s kan neem. Kinders kan speel, skryf en teken op die 12 cm-raakskerm met die ingeslote stilus. Kinders kan dit kantel en skud vir beweging-gebaseerde speletjies, ’n troeteldier skep en daarvoor sorg en meesterstukke skep in die Art Studio. R1 299,99.

Leap Frog: My Own Laptop

Laptop

Dié speelding is geskik vir kinders van twee en ouer. Dit help hulle hul naam spel en leer hulle oor die alfabet. Hulle kan ook leer oor letters en diername, dit bevat 16 liedjies en melodieë, en hulle kan e-posse stuur en ontvang. R299,99.

Fisher-Price: Laugh & Learn

Laugh and Learn

Hierdie speelding help babas tussen ses en 36 maande leer met alledaagse ervaringe. Dit bevorder die verstaan van letters, syfers, kleure, vorme, voorwerpe en woordeskat met woorde en groetvorme. Dit het meer as 12 saamsingliedjies en prettige deuntjies, tesame met klanke en lonende frases. R299,99.

Leap Frog: Chat & Count

Chat and count

Die Chat & Count is geskik vir kinders van 18 maande en ouer en het ’n verligte skerm. Kinders kan van 1 tot 10 tel en kan meer as 25 aktiwiteite doen, insluitend verskeie liedjies sing. R149,99.

Hasbro: Boggle

Boggle

Kinders van agt en ouer kan hul woordvermoë toets deur binne ’n sekere tyd soveel moontlik woorde in die rooster te vind – hoe langer die woorde, hoe hoër die telling. R249,99.

Squinkies: Squemory

squemory

Kinders van vier en ouer gaan hierdie geheuespeletjie geniet. Dit sluit in vier Squinkies, 20 Squinkies-kaarte en 24 Bubbles. Twee of vier spelers kan op ’n slag speel. Prys beskikbaar by jou naaste Checkers.

3D Super Viewer

3D viewer

Kinders van drie en ouer kan verskillende animasies in 3D sien. R39,99.

Monster High: Abbey Bominable

Monster High

Dié poppe is baie gewild onder kinders ouer as ses. R199,99.

Barbie Mariposa

Barbie Mariposa

Dié Barbie-poppe is ’n groot treffer onder meisies van drie of ouer.

New Adventures: Baby Basics – Baby Doll with Pacifier

Doll

Meisies van twee en ouer gaan net so mal oor dié pop wees soos wat sy oor haar fopspeen is. Prys beskikbaar by jou naaste Checkers.

Platinum Portable DVD Player

travel feature pic

Dié kompakte DVD-speler het:

  • ’n Skerm met 180 °-rotasie.
  • ’n Wydskerm-TFT-kleurvertoning van 175 mm.
  • DVD-, DVD +R/RW-, CD-, CD-R/RW-, JPEG-, MP3- en Xvid-versoenbaarheid.
  • Die vermoë om digitale oudio-, video- en fotolêers direk van USB en SD-kaarte te speel.
  • ’n Teen-oorslaanfunksie.
  • ’n Plek om jou oorfone te koppel.
  • AC 220 – 240V, 50Hz, 12W.

R599,99.

Lexibook Tablet Master

Lexibook

Die vermaaklike en leersame Lexibook Tablet Master het:

  • Internettoegang met WiFi en ouerbeheer.
  • ’n Speletjiesplatform: toegang tot duisende speletjies (25 is vooraf gelaai).
  • Die Lexibook Market: meer as 10 000 apps om af te laai.
  • ’n Oudio- en videospeler.
  • Wonderlike, interaktiewe opvoedkundige inhoud.
  • 1GHz, ’n 18 cm-raakskerm met swaartekragsensor, ’n resolusie van 800 x 460 pixels, 4 GB geheue wat tot 32 GB uitgebrei kan word met ’n SD-kaart (nie ingesluit nie).

R799.99

Hasbro: Transformers Prime Beast Hunters

Beast hunters

Dié speelding is geskik vir kinders van vyf of ouer. Verskillende beeldjies, soos Ninja Turtles en Spider-Man is beskikbaar. R199,99.