Foto-vlaggies

Gebruik foto’s wat op dieselfde dag geneem is sodat die vlaggies saam ’n storie vertel.

Jy benodig:

-         ongebleikte linne

-          materiaalskêr

-          strykyster

-          inkstraaldrukker

-          A4 deursigtige papiervelle

-          handwerkskêr

-          kleefband

-          lepel

-          haarsproei

-          lapgom

Stap 1

Sny die vlaggies in die regte grootte – dit moet 130 x 90 mm wees sodat jy vier foto’s op een deursigtige vel kan druk. Stryk die vlaggies. Sit dit in ’n ry.

Stap 2

Kies die foto’s wat jy wil gebruik. Plaas ’n vel deursigtige papier in die drukker. Kies die opsie om vier foto’s per blad te druk en ook om omgekeerde foto’s te druk. Druk dit uit.

Stap 3

Knip rondom elke foto en los ’n randjie. Wees versigtig om nie aan die nat ink te raak nie.

Stap 4

Vat een foto en sit dit met die gesig na onder op die vlag neer. Maak dit vas deur kleefband bo en onder die deursigtige papier te plak.

Stap 5

Vryf met die lepel oor die agterkant van die deursigtige papier. Dit sal sorg dat die ink op die materiaal afdruk. Lig ’n hoek van die deursigtige papier om te kyk of dit reg afgedruk het.

lepeloplig

Stap 6

Verwyder die deursigtige papier en spuit ’n ligte lagie haarsproei op die foto om te stol.

Stap 7

Herhaal met al die vlaggies. Maak dit vas aan ’n stuk link met lapgom.

Fotoblokke

blokkies

’n Oulike manier om foto’s te vertoon en ’n lekker speelding vir kinders.

Jy benodig:

-          12 hardebord-uitknipsels van 80 x 80 x 9 mm elk

-          12 hardebord-uitknipsels van 80 x 62 x 9 mm elk

-          12 hardebord-uitknipsels van 62 x 66 x 9 mm elk

-          spykergeweer

-          sterk houtgoum

-         verfkwas

-          6 A3 laser-drukstukke van jou foto’s (foto’s moenie kleiner as 240 x 160 mm wees nie)

-         handwerkmes

-          snymat

-          liniaal

-          potlood

-         vernisgom

-          découpage-vernis

Stap 1

Maak ses hardebord-blokkies. Kombineer twee uitknipsels van elke grootte om die ses kante van die blokkies te maak. Gebruik die spykergeweer en houtgom om die ses blokkies een vir een te maak. Vee die blokkies af met ’n klamp lap om enige oorblyfsels te verwyder.

Stap 2

vinger

Mooi vlaggies en nuttige fotoblokke is fantastiese geskenke en ’n perfekte manier om jou gunstelingfoto’s te vertoon.

Sny elke foto in die gekombineerde grootte van die ses blokkies – flap die foto oor en teken die ses 80 x 80 mm vierkante aan die agterkant. Gebruik ’n handwerkmes en die snymat.

Stap 3

cutter

Plaas die blokkies in twee rye met drie blokke in elke ry. Plaas die uitgeknipte foto’s daar naby. Begin plak die foto’s op die blokkies. Verf die hardebord met vernisgom en sit die foto daarop. Borsel nog vernisgom oor die foto. Maak dit glad met jou vinger terwyl dit nat is om van enige borrels ontslae te raak. Herhaal die proses met al ses blokkies.

Stap 4

Draai elke blokkie om as die foto’s droog is sodat die foto ondertoe wys op die snymat. Knip die kante netjies.

Stap 5

Photocraft

Herhaal stappe 3 en 4 aan die ander vyf kante van die blokkies.  As al die blokkies droog is, verf met découpage-vernis.

Photocraft

Uit PhotoCraft – Great Ideas for Displaying photographs Creatively deur Carla Visser (gepubliseer deur Metz Press, R158 by Kalahari.com)