Om jou eie superheld-kostuum te maak hoef jou nie honderde rande uit die sak te jaag nie. ’n Thaise man, Anucha Saengchart (24), het ’n Facebook-blad gestig om jou hiermee te help. Anucha sit foto’s van homself in tuisgemaakte kostuums op dié blad, Low Cost Cosplay.

“Ek het eenkeer ’n ou, rooi handdoek gesien, dit om my nek vasgemaak en ’n foto op Facebook gesit saam met die plakkaat van (die fliek) 300,” verduidelik Anucha. “Dit het blitsvinnig onder my Facebook-vriende versprei en hulle het my aangemoedig om so ’n blad te stig.”

Anucha en twee vriende het die blad begin omdat hulle glo duur, perfekte kostuums verg baie min verbeelding, en snaakse, oorspronklike kostuums uit herbruikbare materiaal is baie meer pret.

Die blad het nou al meer as 101 000 aanhangers. Anucha verduidelik die gewildheid so: “Ek glo almal het al in ’n stadium rondgespeel met kostuums toe hulle jonk was. Jy droom daarvan om ’n superheld te wees, maar op die ou end vertolk jy ’n ander rol in die samelewing. Die blad gee mense die geleentheid om pret te hê, soos toe hulle kinders was, al lyk dit simpel. Hulle wil net gelukkig wees.”

Kyk hier na van Anucha se skeppings:

cosplay1 cosplay5 cosplay4 cosplay3 cosplay2

Bronne: mashable.com, Facebook.com, bk.asia-city.com