Eiergesiggies

[caption id="attachment_2723" align="alignnone" width="200"]Foto: domesticcharm.com Foto: domesticcharm.com[/caption]

Dit is ’n vinnige, voedsame peuselhappie wat magies gaan vol hou.

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Gekookte eiers
  • Ronde kraakbeskuitjies
  • Groente- en kruiegarnering

So maak jy:

Sit ’n repie eier op ’n kraakbeskuitjie en watter garnering jy het, soos grasuie, alfalfa-spruite, sonneblomsaad en vinkel.

Tunabroodjie

[caption id="attachment_2721" align="alignnone" width="200"]Foto: Spoonful.com Foto: spoonful.com[/caption]

Probeer dié staatmaker vir ’n kindervriendelike middagete met baie proteïen.

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Brood
  • Tuna
  • Sout en peper na smaak
  • ½ teelepel vars suurlemoensap

So maak jy:

Stapel twee sny brood en sny soos in die foto. Dreineer die tuna. Meng alles behalwe die groente in ’n bak met ’n vurk. Sit ’n derde van die vulsel in elke toebroodjie, maak dan die oë en mond (met ’n wortel en rooi soetrissie).

Toebroodjie op ’n stok

[caption id="attachment_2720" align="alignnone" width="200"]Foto: domesticcharm.com Foto: domesticcharm.com[/caption]

Sit alles op ’n stokkie om toebroodjies pret te maak.

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Brood
  • Kaas
  • Kouevleis
  • Kersietamaties, kropslaai, dillesuurtjie en ’n olyf

So maak jy:

Sny blokkies brood, kaas en kouevleis. Sit dit op ’n sosatiestokkie saam met ander kosse waarvan jou kind hou, soos kersietamaties, kropslaai, dillesuurtjies en olywe.

Pikkewyntjies

[caption id="attachment_2725" align="alignnone" width="200"]Foto: lemonademakinmama.com Foto: lemonademakinmama.com[/caption]

Dit is ’n oulike keuse vir vingerkos en kinders sal dan kosse eet wat hulle gewoonlik vermy.

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Olywe
  • Roomkaas
  • Wortels

So maak jy:

Vul ’n spuitsak met die roomkaas. Gebruik die wortelskywe vir die pootjies. Sny ’n wiggie en hou dit eenkant – dit gaan die snawel wees. Sit die wortelstukkies in die openinkie van die olyf. Sny dan ’n ander olyf in die lengte oop, en spuit dit liggies vol roomkaas. Moet dit nie te vol maak nie; gebruik kombuispapier of ’n skoon vinger om die roomkaas gelyk met die olyf te smeer. Gebruik dan ’n tandestokkie om die olyf aan die wortelpootjies vas te anker. Steek dan die koppie versigtig aan die lyfie vas. Sny die bokant af as die tandestokkie te lank is.

Grassnyers

[caption id="attachment_2724" align="alignnone" width="217"]Foto: cutrfoodforkids.com Foto: cutefoodforkids.com[/caption]

Dié oulike grassnyertjies is perfek vir ’n partytjie of Vadersdag.

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Rice Krispie-lekkers
  • Mini-Oreos
  • Strooitjies

So maak jy:

Sny die strooitjies korter. Sny die Rice Krispie-lekkers in blokkies. Plak die Oreos met versiersuieker vas om die grassnyertjies te voltooi.

Rysbeertjies

[caption id="attachment_2722" align="alignnone" width="300"]Foto: cutrfoodforkids.com Foto: cutefoodforkids.com[/caption]

Sit ’n glimlag op jou kind se gesig met dié beertjies!

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Rys
  • 2 eiers
  • Visolie
  • Melk
  • Sout en peper
  • Appel
  • olywe
  • Tamatiesous

So maak jy:

Die geheim is om gaar rys te gebruik wat oornag verkoel is. Klits die eiers en voeg ’n bietjie melk by. Verhit 1 eetlepel olie en maak die eier oor medium hitte gaar asof jy roereier maak. Voeg die rys by wanneer die eiers halfgaar is. Geur met die sout en peper. Versier dit met die appel, olywe en tamatiesous om die beertjie se gesig te vorm.

- Janine Nel

Bronne: parenting.com, cutefoodforkids.com, lilsugar.com, pinterest.com, domesticcharm.com, spoonful.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.