Die gewese sokkerspeler Marc Batchelor het tydens vonnisverrigtinge in die hooggeregshof in Pretoria toenemende spanning tussen die Steenkamp- en Pistorius-families beskryf, het die koerant The Star Maandag berig.

Hy het gesê die spanning het gelei tot ’n onderonsie tussen die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se suster, Aimee, en die selferkende moordenaar Mikey Schultz.

Hy was verlede week in die hof saam met Oscar se eksmeisie Samantha Taylor, Mikey en ander omdat hulle dalk sou moes getuig.

Hy het gesê Aimee het hulle aangegluur en daar was spanning toe hulle mekaar binne en buite die hof sien.

Aimee was verlede week in trane nadat Mikey in die bank gesit het wat vir die Pistorius-familie gereserveer is en na bewering op haar gevloek het.

Marc het gesê die aanklaers het aan hulle gesê hulle moet daar sit ingeval hulle as getuies geroep word.

Marc said they were told to sit there by the prosecution in case they were called as witnesses.

Oscar sal na verwagting Dinsdag gevonnis word.

- Sapa

Op 12 September is Oscar skuldig bevind aan die strafbare manslag van sy meisie, die model en regsgeleerde Reeva Steenkamp, maar nie van haar moord nie. Hy het haar op Valentynsdag verlede jaar in sy huis in Pretoria geskiet.

- Sapa