Die Suid-Afrikaanse Paralimpiesespan het hul eerste goue medalje by vanjaar se Spele in Rio de Janeiro verower.

Sy tyd was 1:04.86.

Dié vindingryke swemmer het ook agt jaar gelede by die Paralimpiese Spele in Beijing goud in die 100 m-borsslag verower. Hy was toe net 17 jaar oud.

Kevin het tydens vanjaar se spele sy uitdunronde in 'n tyd van 1:06.19 gewen. Kevin is ook die oefenmaat van die Olimpiese kampioen Chad le Clos.

Terwyl Kevin egter sy wen gevier het, was dit 'n hartseer dag vir nog een van Suid-Afrika se steratlete wat ook destyds goud in Beijing gewen het. Hilton Langenhoven is gediskwalifiseer van die 400 m-semifinaal ná hy deur die owerhede geskors is omdat hy buite sy baan getrap het.

Hilton is swaksiende, maar nie heeltemal blind nie. Hoewel sy droom van 'n goue medalje in die 400m verby is, gaan Hilton Saterdagoggend deelneem aan die verspring, 'n item waarvoor hy goud in 2004 se spele in Athene gewen het.

Dit was ook nie 'n goeie dag vir Alani Ferreira nie. Sy het sesde geëindig in die 100 m-vlinderslaguitdunronde. Die fietsryer Roxy Burns het ook laaste gekwalifiseer in die 3000 m.

Bronne: Netwerk24; IOL