Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 12 minute

200 g babatamaties

6 takkies origanum, blare van takkies gestroop

30 g basilieblare, geskeur

2 ml (½ t) brandrissieolie

goeie skeut olyfolie

hand vol gerasperde parmesaan

500 g pasta soos spaghetti

groot klont botter

6-8 knoffelhuisies, fyn gekap

1 bottel gekoopte Napolitana-tamatiesous

sout en peper na smaak

ekstra basilieblare en parmesaankaasskaafsels

  1. Meng die tamaties, kruie, olie en gerasperde parmesaankaas in ’n mengbak en hou eenkant.
  2. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer.
  3. Terwyl die pasta kook, verhit die botter in ’n pan en roerbraai die knoffel 1-2 minute oor matige hitte.
  4. Voeg die Napolitana-sous by en verhit tot net warm. Verwyder van die hitte en roer die vars tamatiemengsel deur die Napolitana-sous. Geur met sout en peper.
  5. Meng deur die pasta, giet nog ’n skeut olyfolie by en rond af met die basilie en parmesaan. Sit dadelik voor.