Daar is niks soos ’n heerlike pastagereg om jou deur die middel van die week te kry nie!

Spagetti_Bolognese

Jou benodigdhede:

45 ml (3 e) olyfolie

1 groot ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

2 wortels, gerasper

1 kg beesmaalvleis

6 lourierblare

15 ml (1 e) droë oregano

5 ml (1 t) sout

vars gemaalde swartpeper na smaak

80 g tamatiepuree

400 g gekapte tamaties

500 g rou pasta

100 g parmesaan- of cheddarkaas, gerasper

Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie en knoffel tot sag en glansig. Voeg die wortels by. Voeg die maalvleis, lourierblare en oregano by en geur met die sout en peper. Roer die vleis met ’n vurk tot dit los en krummelrig is. Voeg die tamatiepuree by en meng goed. Voeg die gekapte tamaties by en laat ’n uur prut. Kook intussen die pasta tot amper gaar. Skep ’n porsie pasta op ’n bord en skep van die sous oor. Sprinkel ’n bietjie kaas oor en geniet!

Resep met vergunning van Food24

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.