Van kindsbeen af hou sy al alles – selfs haar babawaentjie en eerste pop. Dié staan steeds in ’n slaapkamer in die plaasopstal propvol antieke meubels en huishoudelike items.

Toe daar later nie meer plek in die huis was vir Magdalena Pienaar (82) se versameling nie, het sy van die items in die buitegeboue gesit.

Nou het sy haar eie museum met meer as 100 000 oudhede op die plaas Paardenvallei buite Theunissen.

Die gedugte versamelaar is ’n perfeksionis. Dit kan jy sien aan die blikkies, botteltjies en boksies wat in gelid op haar kombuisrak staan, elk met ’n swierige etiket met die inhoud met die hand daarop geskryf: sout, peper, tee, koffie, vleisspeserye.

In die boekekamer kreun die rakke onder die gewig van sowat 25 000 geskrifte.

Dink aan die naam van enige tydskrif of koerant van die afgelope 70 jaar, en jy sal hier ’n eksemplaar daarvan kry. Haar Huisgenoot-versameling is elke uitgawe van 1930 tot 2003, maar daarna “kon ek nie meer bestuur nie en het die dorp my min gesien,” verduidelik sy.

Bespreek vir Skouspel!

Lees die volledige artikel in Huisgenoot, 17 Februarie 2011.