Savory_Bread_Pudding

(Genoeg vir 8 mense)

Jou benodigdhede:

450 g varkwors

250 ml (1 k) gekapte uie

2 L (8 k) volgraanbrood, in 2½ cm-blokkies gesny

375 ml (1½ k) cheddarkaas, gerasper

4 eiers, liggies geklits

810 ml (3¼ k) melk

30 ml (2 e) vars salie, gekap of 5 ml (1 t) droë salieblare, fyngemaak

3 ml (½ t) sout

3 ml (½ t) pas gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Verbruin die wors en uie in ’n groot pan en verwyder. Plaas die gaar wors en uie, brood en 250 ml (1 k) van die kaas in ’n groot bak em meng.

Klits die eiers, melk, salie, sout en peper in ’n middelslag-bak saam. Giet oor die broodmengsel en meng goed. Bedek en laat 30 min. of oornag in die koelkas.

Smeer ’n bakpan van 33 x 23 cm liggies. Giet die broodmengsel in die bak. Bak 35-45 min. of tot goudbruin en die middel gestol is. Sprinkel die res van die kaas oor en bak nog 2 min. of tot die kaas gesmelt het. Laat 10 min. rus en sit voor.

- Resep deur Wisconsin Cheese

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.