Gigi Jordan (54) is in November aan manslag skuldig bevind nadat sy erken het sy het met ’n fynmaker en ’n spuitnaald vir die agtjarige Jude Mirra ’n oordosis voorskrifpille by die swierige Peninsula-hotel in Fifth Avenue gegee.

Gigi se prokureurs het deurgaans in die verhoor van twee maande aangevoer sy het die seun in ’n daad van genade doodgemaak om te keer dat sy biologiese pa hom seksueel misbruik. Maar die aanklaers het gesê dié scenario is op fiksie gegrond. Regter Charles Solomon het ’n vonnis gevel wat na aan die maksimum van 25 jaar tronkstraf onder New York se riglyne is en gesê hy is verstom oor die ma se gebrek aan berou. “Dis is vir my baie moeilik om die verweerder te verstaan,” het Charles gesê. “Ek sou gewis gedink het ek sou die verweerder haar spyt hoor uitspreek oor wat sy gedoen het.”

'Ek glo hy het in ’n ongelooflike pyn geleef en gesterf.'

In ’n verklaring van 30 minute wat aan die hof voorgelees is, het Gigi om genade gepleit en herhaaldelik gesê sy het in haar seun se beste belange opgetree.

“Ek het Jude liewer as enigiets ter wêreld,” het die voormalige uitvoerende hoof in die farmaseutiese bedryf former pharmaceuticals executive en selfgemaakte miljoenêr in ’n verklaring van 30 minute gesê. “Ek glo hy het in ’n ongelooflike pyn geleef en gesterf.”

By haar verhoor verlede jaar het die jurie die verweer se bewering aanvaar dat Gigi onder uiterste emosionele ellende opgetree het. Hulle het haar toe skuldig bevind aan manslag pleks van die moordklag wat die aanklaers wou gehad het.

Selfs al kon Jude homself nie goed uitdruk nie, het Gigi se prokureurs aangevoer, het hy aan sy ma gesê sy pa, Emil Tzekov, misbruik hom seksueel.

Emil, ’n joga-instrukteur en Gigi se tweede eksman, het die beskuldigings ontken.

Bronne: The Independent, CBS New York, Daily Mail