Op net 18 het sy byna een miljoen aanhangers op die gewilde foto-blad Instagram gehad en was meisies die wêreldoor jaloers op haar fietse lyf, ontwerpersklere, sonbruinvel en sorgelose leefstyl.

Maar nou het Essena O’Neill van Queensland in Australië besluit om die waarheid oor haar sogenaamde ‘glansryke’ leefstyl te onthul. Sy het haar rits bikini-foto’s en ander inskrywings wat aanhangers beny het aangepas met nuwe onderskrifte om die waarheid agter dié foto’s te wys.

[caption id="attachment_111034" align="aligncenter" width="634"]"Die enigste ding wat my dié dag goed laat voel het, was hierdie foto. Hoe tragies. Om 'n maer lyf te hê is nie al waartoe ons as mense instaat is nie," het sy dié foto se onderskrif gewysig. "Die enigste ding wat my dié dag goed laat voel het, was hierdie foto. Hoe tragies. Om 'n maer lyf te hê is nie al waartoe ons as mense instaat is nie," het sy dié foto se onderskrif gewysig.[/caption]

[caption id="attachment_111035" align="aligncenter" width="634"]"Sê asseblief julle hou van my foto. Ek het grimering aangesit, my hare gekrul, 'n stywe rokkie en groot en ongemaklike juwele aangetrek en meer as 50 foto's geneem net om een te vind waarvan julle sal hou," het sy onder hierdie foto geskryf. "Sê asseblief julle hou van my foto. Ek het grimering aangesit, my hare gekrul, 'n stywe rokkie en groot en ongemaklike juwele aangetrek en meer as 50 foto's geneem net om een te vind waarvan julle sal hou," het sy onder hierdie foto geskryf.[/caption]

[caption id="attachment_111037" align="aligncenter" width="634"]Essena het erken sy sou 'n dag lank byna niks eet nie om te sorg dat haar maag plat genoeg is vir dié tipe foto's en dat sy haar suster sou dwing om meer as 'n 100 foto's te neem voordat sy een sou vind waarmee sy tevrede is. Essena het erken sy sou 'n dag lank byna niks eet nie om te sorg dat haar maag plat genoeg is vir dié tipe foto's en dat sy haar suster sou dwing om meer as 'n 100 foto's te neem voordat sy een sou vind waarmee sy tevrede is.[/caption]

[caption id="attachment_111038" align="aligncenter" width="306"]"Daar is niks spontaan hieraan nie," het Essena geskryf. Sy het erken sy was opsoek na 'n foto waar haar borste groter lyk en die gaping tussen haar dye groter en dat sy strategies poseer het tot sy die volmaakte foto het. "Daar is niks spontaan hieraan nie," het Essena geskryf. Sy het erken sy was opsoek na 'n foto waar haar borste en die gaping tussen haar dye groter lyk en dat sy strategies poseer het tot sy die volmaakte foto het.[/caption]

Essena het intussen haar sosiale media-blaaie uitgevee, glo omdat dit onhaalbare skoonheidstandaarde aanmoedig en jong meisies onder die indruk plaas dat hulle ook soos dié 'vals' helde van hulle moet lyk. Tog blyk dit haar aankondiging kom teen 'n prys - Essena het in 'n tranerige video vertel sy is byna platsak nadat al haar borge haar die trekpas gegee het en sy nie meer 'n inkomste gaan verdien deur handelsmerke op Instagram te bemark nie.

[caption id="attachment_111044" align="aligncenter" width="634"]"Ek kan nie my huur bekostig nie," huil Essena in die video. "Ek kan nie my huur bekostig nie," huil Essena in die video.[/caption]

"Sonder dat ek dit besef het, was ek die meerderheid van my tienerjare verslaaf aan sosiale media, aanlyngoedkeuring, sosiale status en my voorkoms. Sosiale media, veral op die manier wat ek dit gebruik het, is nie eg nie."

Bronne: Instagram, Daily Mail