Anna Camp en Skylar Astin, medesterre van Pitch Perfect, het afgehaak.

Massive congratulations to Sky & Anna. What an absolutely beautiful wedding.

A photo posted by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Die paartjie het Saterdag tydens ’n buitelugseremonie aan die kus van Sentraal-Kalifornië getrou, berig People.com. Anna en Skylar het omtrent ’n sterbelaaide gastelys gehad, insluitend Brittany Snow wat saam met hulle in Pitch Perfect verskyn het as strooimeisie. Rebel Wilson en Elizabeth Banks was albei ook in die gevolg. Buiten vir haar rol in die Pitch Perfect-prente, was Elizabeth ook die regisseur van Pitch Perfect 2. Albei het ook foto's in sosiale media gedeel.

Guess who's getting married today? HINT: it's not me x

A photo posted by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Rebel het die mooiste foto’s op Instagram gedeel. In een van die foto’s verskyn ’n glimlaggende Anna saam met Skylar wat haar omhels (sien bo). Sy het ook ’n collage op Twitter gedeel met die byskrif: “Het vandag die heerlikste tyd deurgebring by Sky & Anna se troue. Wat ’n talaentvolle, pragtige paartjie x.”
Elizabeth het op pad na die Pitch Perfect-troue, ’n selfie opgelaai en uitgeroep sy was “nogal erg opgewonde” om die paartjie te sien trou.

Pretty excited to watch @therealannacamp and @skylarastin get ???

A photo posted by Elizabeth Banks (@elizabethbanks) on

Brittany Snow het ’n oulike foto van haar, Anna en Skylar op Instagram gedeel waarin hulle high five. Sy het daarby geskryf hoe lief sy vir Anna en Skylar is . Anna Kendrick, wat die rol van Skylar (28) se karakter se liefdesbelangstelling in die flieks vertolk, was glo nie by die seremonie nie. Die 33-jarige bruid was geklee in ’n Reem Accra-rok met juweliersware van Neil lane, terwyl die bruidegom uitgetof was in ’n pak wat op bestelling gemaak is deur Ermenegildo Zegna. Die bruid het na afloop van die seremonie ’n foto van rose gedeel en gesê dit is "hoe my hart op die oomblik voel. Dit loop oor van skoonheid en liefde".

Pitches representing x

A photo posted by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Anna en Skylar het mekaar in 2012 tydens die verfilming van die eerste Pitch Perfect-prent ontmoet. Hulle het ’n jaar later begin uitgaan en aan die begin van vanjaar verloof geraak.

Dit is Anna se tweede huwelik – sy was van 2010 tot 2013 met die akteur Michael Mosley getroud.

© Cover Media