large_starters2

Vir die marinade:

30 ml (2 e) dik sojasous

30 ml (2 e) suurlemoensap

45 ml (3 e) olyfolie

knippie sout

Vir die sosaties:

6 hoenderborsies, in blokkies gesny

1 pynappel, geskil en in blokkies gesny

6-8 sosatiestokkies

Vir die braaisous:

30 ml (2 e) heuning

2 cm vars gemmer, gerasper

10 ml (2 t) dik sojasous

5 ml (1 t) suurlemoen- of lemmetjiesap

Vir die rysslaai:

500 ml (2 k) gaar rys

125 ml (½ k) appelliefies, gehalveer

1 groen appel, in blokkies gesny

babaspinasieblare (opsioneel)

4 grasuie, gekap

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper

Sosaties

Meng die marinade-bestanddele. Sit die hoender in ’n sak en giet die marinade oor. Maak die sak toe en skud goed. Marineer 30 min. in die koelkas. Sit die hoender om die beurt met die pynappel op die sosatiestokkies.

Braaisous

Meng al die bestanddele. Braai die sosatie oor medium hitte, en bedruip met die sous.

Rysslaai

Meng alles en sit voor saam met die sosaties.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.