HALLOUMI_MUSHROOM-SKEWERS

(Lewer 12 sosaties)

Jou benodighede:

250 g halloumi; in blokkies so groot soos die sampioene gesny

250 g baba-knopiesampioene

olyfolie

droë oregano

takkies roosmaryn, al die blaartjies behalwe die punt verwyder

12 houtsosastiestokkies, 30 min. voor gaarmaaktyd in water geweek

Ryg die halloumi en sampioene op die stokkies en verf met die olyfolie. Sprinkel die oregano oor elke sosatie. Steek ’n takkie roosmaryn by elke laaste halloumi-en-sampioen-paar in. Braai die sosaties 5-10 min. tot die sampioene en halloumi sag en bruin is.

- Resep deur Food24